Niemand van die Parys 5 gaan tronkstraf uitdien nie

Nie een van die beskuldigdes in die Parys aanranding saak gaan tronkstraf uitdien nie.

Die vonnisoplegging van die Parys 5 het gister in die rondgaande hof op Parys in die Vrystaat plaasgevind.

Die vyf was aangekla van die moord op Samuel Tjixa en Simon Jubeba. Tjixa en Jubeba is op 6 Januarie 2016 ná ’n plaasaanval buite Parys deur die groep mans in hegtenis geneem en so erg aangerand is dat hulle dood is.

Die staat kon egter nie bewys dat die mans vir die dood verantwoordelik is nie, en is hulle skuldig bevind aan aanranding en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Netwerk24 berig dat Boeta van der Westhuizen en Anton Loggenberg elk tot 15 maande korrektiewe toesig en 160 uur gemeenskapsdiens gevonnis is. Cor Loggenberg is gevonnis tot ’n jaar tronkstraf, opgeskort vir drie jaar, Loedie van der Westhuizen is tot 15 maande, opgeskort vir drie jaar gevonnis en Miela Jansen van Vuuren is tot tien maande tronkstraf, opgeskort vir twee jaar gevonnis.

Luister na potgooie hieronder