Die Parkweg-polisie in Bloemfontein het die goeie nuus bevestig dat die 18-jarige Nikky Huisamen gevind is.

Volgens ’n polisieverklaring het Nikky vroeër haar huis verlaat sonder om aan te dui waarheen sy op pad was.

Sy het ‘n swart T-hemp en swart langbroek aangehad en was kaalvoet.

Polisiewoordvoerder Kaptein Lorraine Earle het aan Rosestad-nuus bevestig Nikky en ’n vriendin het vermoedelik weggeloop, maar is weer gevind en is veilig.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×