Die minister van Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede, Nkosazana Dlamini-Zuma, doen ‘n beroep op die herindustrialisering van Afrika om kontinentale vrye handel toe te laat.
Sy het gepraat by die bekendstelling van die Suid-Afrikaanse Nasionale Diensinstituut. Sy het beklemtoon dat Afrika-lande in industrialisasie moet belê en entrepreneurskap in verskillende bedrywe moet bewerk om volle deelname aan kontinentale vrye handel moontlik te maak. Sy spreek ook waardering vir die kontinentale handel se inklusiewe protokol uit.