Dlamini-Zuma

Die minister in die presidensie, oor vroue, jongmense, en diegene met gestremdhede, glo dit is moontlik om ’n koöperatiewe bank vir dié groepe daar te stel.

Terwyl die bank op hierdie drie belangegroepe wil fokus, sal mans volgens doktor Nkosazana Dlamini-Zuma, ook welkom wees.

Die doel is om toegang tot finansiering aan mense op plaaslike vlak te gee.

Sy het gister aan die veelpartyvrouekoukus genoem daar is byvoorbeeld meer as 100 koöperatiewe banke in Duitsland.

Netwerk24 berig China het honderde van hierdie banke, en dat ‘n koöperatiewe bank een van die grootste banke in Kenia is.

’n Tussentydse bestuurskomitee is in die lewe geroep om die bank teen Januarie te stig en om dit teen Junie 2024 in bedryf stel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×