Nog 11 ontsnapte krokodille is weer gevang

Die bewaringsorganisasie, CapeNature, sê nog 11 krokodille wat vroeër vandeesweek by ‘n kommersiële krokodilplaas by Bonnievale in die Boland deur ‘n gat in die heining van die kamp ontsnap het, is weer gevang. Dit bring die aantal krokodille wat tot dusver gevang is op 45 te staan. Volgens ‘n Woordvoerder van CapeNature is dit nog onduidelik hoeveel van die krokodille nog soek is nie. Na bewering is die meeste van die ontsnapte krokodille tussen 1,2 meter en 1,5 meter lank.

Luister na potgooie hieronder