Nog 129 mense sterf aan die koronavirus in Suid-Afrika

 Nog 129 mense sterf aan die koronavirus in Suid-Afrika

Die Departement van Gesondheid sê Suid-Afrika se Covid-19-dodetal staan nou op 3 720, nadat nog 129 sterftes aangemeld is.

Altesaam 37 mense is beide in die Wes-Kaap en Gauteng oorlede, 28 in die Oos-Kaap, 26 in KwaZulu-Natal en een in die Noord-Kaap.

Die departement sê die totale aantal sterfgevalle in Limpopo is 33 en nie 44, soos gister berig is nie.

Bykans 13 700 mense het die afgelope 24-uur positief getoets wat die totaal op meer as 238 300 te staan bring.

Die aantal pasiënte wat herstel het staan op net meer as 113 000.

LeandreAdmin@