Nog 1,378 gevalle van die coronavirus in die jongste verslagperiode aangemeld

Volgens die Depatement van Gesondheid is nog 1378 gevalle van die coronavirus in die jongste verslagperiode aangemeld, dit bring die totale aantal infeksies op 1,536,801 te staan. Sterftes weens Covid-19 verwante komplikasie het in dieselfde tydperk met 47 gestyg tot 52,082. Daarvan was 21 in KwaZulu-Natal en 9 elk in Gauteng en Mpumalanga. Volgens die ministerie van Gesondheid het die land 22-duisend 609 aktiewe gevalle. Die herstelkoers is 95 persent.

Luister na potgooie hieronder