Nadat sy voortbestaan lank in die weegskaal hang, is die bedryfstydperk van eenheid-1 by die Koeberg-kernkragaanleg met nog 20 jaar verleng. Daphne Mokwena, wie namens Eskom praat, sê die nutsdiens is in sy skik met die Nasionale Kerkragreguleerder se aankondiging.

Terwyl omgewingsaktiviste gereed staan om die reguleerder se besluit in die hof te betwis, sê Mokoena die verlenging dui op Eskom se bewese vermoë om ‘n veilige kernkragaanleg te bedryf. Die eenheid se nuwe bedryfslisensie is tot 21 Julie 2044 geldig.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×