Nog 46 sterftes weens COVID-19 is die afgelope 24 uur aangemeld

Die Departement van Gesondheid sê nóg 46 sterftes weens COVID-19 is die afgelope 24 uur aangemeld, waarvan 24 in die Oos-Kaap, 9 in Gauteng, 5 in Kwazulu-Natal, 4 in die Wes Kaap, 3 in die Vrystaat en 1 in die Noord-Kaap was.

Dit bring die totale sterftesyfer op 19 595 te staan.

Nog 1 712 infeksies is aangemeld.

Van die altesaam 730 548 mense by wie covid-19 sedert Maart gediagnoseer is, het 90% weer gesond geword.

Suid-Afrika het die 13de meeste Covid-19-infeksies ter wêreld, met die VSA, Brasilië, Indië, Rusland, Spanje, Columbia, Argentinië, Peru, Mexiko en Frankryk wat bo Suid-Afrika is.

Amerika is eerste met 9,5-miljoen gevalle.

Luister na potgooie hieronder