Nog 53 mense het gesterf weens die coronavirus

Die departement van Gesondheid het bekendgemaak dat nog 53 mense gesterf het weens die coronavirus in die laaste verslagperiode. Die getal nuwe infeksies het met 2237 gestyg. Die meeste van die nuwe gevalle is in die Oos-Kaap aangemeld, wat tans die brandpunt in Suid-Afrika is. Meer as 749,000 mense het sedert Maart die virus opgedoen. Die herstelkoers is 92,7 persent.

Luister na potgooie hieronder