Ongeveer 39 families het Saterdag ‘n bykomende 53 wit kruise by die Witkruis-monument in Limpopo opgerig.

Dié kruise, teen die hang van die Ysterberg, is ter nagedagtenis aan mense wat op plase in Suid-Afrika vermoor is.

Chris Harmse van die Witkruis-monument het gesê minstens 38 van die kruise wat die naweek geplant is, huldig slagoffers wat tussen Augustus 2022 en Julie 2023
vermoor is.

Rosestad-nuus het vroeër berig 17 mense is van Mei tot Julie vanjaar in plaasaanvalle vermoor.

Altesaam 35 mense is in die eerste sewe maande van die jaar op plase vermoor, teenoor 24 in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×