Nog 55 mense is die afgelope 24 uur aan Covid-19-verwante oorsake dood

Die Departement van Gesondheid sê nog 55 mense is die afgelope 24 uur aan Covid-19-verwante oorsake dood, waarvan bykans die helte in Noordwes was.

Die sterftesyfer staan nou op 52 251.

Nog 510 mense is intussen met die cornavirus gediagnoseer wat die getal mense wat die siekte die afgelope jaar opgedoen het op 1 538 961 te staan bring.

Altesaam 194 257 gesondheidswerkers is sover teen Covid-19 ingeënt.

Die herstelkoers is steeds 95%.

Luister na potgooie hieronder