Nog 599 mense het die afgelope 24 uur positief vir Covid19 getoets

Die Departement van Gesondheid sê nog 599 mense het die afgelope 24 uur positief vir Covid19 getoets.

Dit bring die totale bevestigde gevalle van die virus op 1 538 451 te staan.

Die departement sê nog 85 mense is in dié tyd aan Covid-19 dood, waarvan sewentig in KwaZulu-Natal was.

Die totale sterftesyfer weens die virus is 52 196.

Die herstelkoers bly steeds 95% en daar is net meer as 22 000 aktiewe gevalle.

Luister na potgooie hieronder