Die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) sê nog arrestasies kan in die Digital Vibes-skandaal verwag word.

‘n Amptenaar by die Munisipale Infrastruktuur Ondersteuningsagent is verlede week in hegtenis geneem omdat sy na bewering R160-duisend se korrupte betalings van die kommunikasiemaatskappy ontvang het.

Die hoof van die SOE, Andy Mothibi, het aan News24 gesê die SOE probeer meer doeltreffend word om diegene wat vir korrupsie aanspreeklik is, te vervolg.

Die SOE het ook goedkeuring gekry om regstappe teen die voormalige minister van Gesondheid Zweli Mkhize te neem vir die terugbetaling van geld wat hy uit die onwettige Digital Vibes-kontrak ontvang het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×