Die president het ook belowe die einde van beurtkrag is in sig terwyl die regering die mense van Suid-Afrika verseker dat daar nooit weer so ‘n soortgelyke krisis sal wees nie. Hy het gesê dit sal gedoen word deur seker te maak dat die land se elektrisiteitsnetwerk meer mededingend, volhoubaar en betroubaar is.
Nuwe transmissie-kraglyne van meer as 14-duisend kilometer word beplan sodat hernieubare energie ook in die stelsel opgeneem kan word. Ramaphosa het bygevoeg ‘n groen-revolusie wag op die land. Dit sluit die vervaardiging van elektriese motors in. Met die oorvloed aan son-en windkrag, asook minerale bronne, gaan die regering duisende werksgeleenthede skep in hernieubare energie, groen-hidro-elektriese krag, groenstaal en ander groen produkte.