Nog beskuldigdes saam met Ace Vrydag in Bloemfontein

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC en voormalige premier van die Vrystaat, saam met minstens drie bykomende beskuldigdes, sal na verwagting Vrydag in die streekhof in Bloemfontein verskyn.

Netwerk24 berig die bykomende beskuldigdes is staatsamptenare vir wie lasbriewe vir hul inhegtenisneming uitgereik is.

Luidens berigte sal die Valke hulle voor Vrydag agter tralies hê.

Na wat verneem word sal daar nog aanklagte van korrupsie en bedrog by die klagstaat gevoeg word.

Magashule staan reeds tereg op 8 aanklagte van bedrog, 5 van korrupsie en 8 van geldwassery.

Magashule is tans uit op borgtog van R200 000.

Luister na potgooie hieronder