Nog drie verdagtes is vir die moord op die 81-jarige Kuruman-boer, Hendrik Venter, in hegtenis geneem. Die vier verdagtes, tussen die ouderdomme van 18 en 26, sal na verwagtig binnekort in die hof verskyn.

Diamond Fields Advertiser berig volgens Cherelle Ehlers, ‘n Noord-kaapse polisiewoordvoerder, volg dit ‘n intense soektog nadat die boer se liggaam naby ‘n hek van ‘n buurplaas tussen Kuruman en Hotazel gevind is.

‘n Onbekende bedrag geld is ook as vermis aangemeld. Die eerste verdagte is dieselfde dag nog aangekeer. Volgens Ehlers duur die ondersoek nog voort en die polisie doen ‘n beroep om enigiemand met inligting om die polisie te kontak.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×