Nog drie werknemers van die private veiligheidsmaatskappy G4S is in hegtenis geneem in verband met die ontsnapping van Thabo Bester en sal vandag in die landdroshof in Bloemfontein verskyn. Netwerk 24 berig twaalf mense is alreeds in verband met die saak vasgetrek. Brigadier Athlende Mathe, nasionale polisiewoordvoerder, het gesê die mans is Maandag in hegtenis geneem. Mathe het gesê hulle staan tereg op aanklagte dat hulle ‘n gevangene gehelp het om uit aanhouding te ontsnap, korrupsie en lykskending. Bester was besig om lewenslange tronkstraf uit te dien toe hy in Mei verlede jaar ontsnap het.