Nog ‘n persoon is dood en vier ander beseer in die ongeluk waarin die oud-Springbok-slot Hannes Strydom gesterf het. ‘n Woordvoerder van die N4-konsessie, Solange Soares, en Moeti Mmusi, woordvoerder van gemeenskapsveiligheid het dit bevestig. Netwerk 24 berig die ongeluk het gisteraand op die N4-snelweg naby Witbank in die rigting van Pretoria gebeur. Soares het gesê ‘n ligte voertuig en ‘n minibus-taxi het tussen Balmoral en Kromdraai reg van voor teen mekaar gebots. Maroela Media berig Strydom se slotmaat in die Springbokspan wat in 1995 die wêreldbeker verower het, Kobus Wiese, het gesê dit is ‘n hartseer dag. Strydom wat in 21 toetse gespeel het en in meer as 100 wedstryde vir die Transvaalse rooibontes uitgedraf het, is die vyfde speler van die groep van 1995 wat oorlede is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×