Nog een van die 15 verhoorafwagtende gevangenes wat op vrye voet was weer in hegtenis

Nog een van die 15 verhoorafwagtende gevangenes wat op vrye voet was nadat hulle verlede week in Pietermaritzburg ontsnap het, is in hegtenis geneem.

Talent Mncube, ‘n 19-jarige was na berigte deel van ‘n groep van 45 gevangenes wat weggekom het toe swaargewapende mans die vangwa waarin hulle van die tronk na die hof vervoer is, voorgekeer het. Soos vroeër berig is dertig van die ontsnaptes reeds verlede week vasgetrek.

Jay Naicker, die polisiewoordvoerder, sê meeste van die gevangenes wat nog gesoek word, is verhoorafwagtend op aanklagte van moord en poging tot moord.

Luister na potgooie hieronder