Nog geen redes is bekend gemaak vir Zuma se mediese parool nie

Arthur Fraser, kommissaris van korrektiewe dienste, het nog geen rede verskaf vir die mediese parool wat aan oud-president Jacob Zuma toegestaan is nie.

Die Helen Suzman-stigting se spertyd vir ‘n antwoord van Fraser was gister, en Afriforum s’n was verlede Vrydag.

Fraser het verlede week te kenne gegee dat hy redes vir sy besluit aan die parlement sal verskaf, sou hulle dit vereis.

Mediese parool is op 5 September aan Zuma toegestaan, ondanks die feit dat die adviesraad vir mediese parool dit afgekeur het.

Ernst Roets, hoof van beleid en aksie van Afriforum, het aan Netwerk 24 gesê, dis ‘n skande indien mense op grond van hulle politieke aansien bevoordeel word.

Die departement van korrektiewe dienste se optrede die afgelope tyd, dui op politieke inmenging wat nie aan die bepalings van die wet voldoen nie.

Luister na potgooie hieronder