Nog geen uitsluitsel is gegee oor die Oktobervakansie nie

Geen vooruitsig bestaan dat die departement van basiese onderwys hierdie week ‘n finale aankondiging oor die Oktobervakansie gaan maak nie.

Nadat daar verlede week met die komitee van hoofde van onderwysdepartemente vergader is, is die kwessie, of die skoolvakansie gekanselleer gaan word, om sodoende verlore skooldae in te haal, na die raad van onderwysministers, oftewel CEM, verwys.

Volgens Netwerk 24, het Elijah Mhlanga, woordvoerder van die departement, gister laat blyk dat daar nie ‘n CEM-vergadering vir vandeesweek geskeduleer is nie.

Daar heers tans oorweldigende teenstand van onderwysvakbonde en beheerliggaamsorgansisasies oor die besluit om die vakansie moontlik te kanselleer.

Luister na potgooie hieronder