‘n Verdere elf mense is in hegtenis geneem rakende die grondbesetting by Lourierpark in Bloemfontein.
Dit is nou die vyfde dag sedert voornemende grondbesetters in hulle duisende op die suide van die stad begin toegesak het.
Luidens polisiewoordvoerder, Lt Col. Thabo Covane, gaan ‘n versterkte mag van Openbare Orde Polisie voort om skarebestuurspligte uit te voer om die openbare orde te handhaaf na die grondbesettings.
Die 11, insluitend vier vroue, is in hegtenis geneem vir Openbare Geweld en Oortreding van die Padverkeerswet. Hulle het glo die hoek van Kokerboomlaan en Currielaan met brandende bande versper en het die polisie met klippe bestook.
Intussen het die 13 mense wat Saterdag in hegtenis geneem is vir die oortreding van ‘n hofbevel en betreding hul eerste hofverskyning in die Bloemfonteinse landdroshof gemaak. Hulle is in aanhouding en sal weer Vrydag verskyn.