Nog is dit het einde niet vir die matriek-eindeksamen, nadat die departement van basiese onderwys toestemming gegee dat dat sommige vraestelle weens buitengewone omstandighede herskryf mag word.
Hierdie vergunnings is gemaak in gevalle waar omstandighede buite die leerlinge se beheer was om sekere vraestelle te kon skryf.
Redes hiervoor sluit onder meer protesoptrede, tegniese probleme met die aflegging van sekere eksamens weens beurtkrag, en oorstromings wat in sekere streke verhoed het dat leerlinge eksamenlokale kon bereik, in.
Rakende die omstredenheid oor Wiskunde se tweede vraestel, het die departement gesê die foutiewe vraag sal van die merkproses uitgesluit word.
Teen die einde van vandag sal 215 van die 222 matriek-eksamenvraestelle klaar geskryf wees.
Met die jongste vergunning sal die eksamen nou teen Donderdag 8 Desember voltooi wees.
Merkwerk begin op 10 Desember en sal teen 22 Desember afgehandel wees.