Nog lede van die Suid-Afrikaanse weermag is gister in verskeie dele van KwaZulu-Natal ontplooi

Nog lede van die Suid-Afrikaanse weermag is gister in verskeie dele van KwaZulu-Natal ontplooi.

Dit volg President Cyril Ramaphosa se toespraak Vrydagaand waar hy aan die land gesê het dat 10-duisend soldate reeds na dele van die land, wat geraak word deur plundering en geweld, ontplooi is.

Luidens sy toespraak sal die oorblywende 15-duisend soldate oor die naweek ontplooi word.

Die soldate is ontplooi om die polisie te ondersteun om wet en orde te herstel na wydverspreide onrus in KwaZulu-Natal en Gauteng.

Luister na potgooie hieronder