‘n Aardskudding van 3,2 op die Richterskaal het mense aan die Gautengse Wes-Rand gistraand groot laat skrik.

Dit het op sosialemedia gegons na die skudding wat ongeveer 25 oor 9 in die omgewing van Randfontein plaasgevind het.

Mense meld dat hulle die skudding ook tot in Roodepoort kon voel.

Netwerk24 berig geen skade is tot dusver aangemeld nie.

’n Aardbewing wat 5 geregistreer het, is in Junie vanjaar in Johannesburg aangemeld.

Skade is toe onder meer aan lesingslokale by die Universiteit van Johannesburg aangerig.

Die presiese lesigng en omvang van gistraand se skudding is nog nie bevestig nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×