Nog ʼn DA-LP staar kritiek in die gesig vir beweerde rassisme. Die DA-LP, Ian Cameron, wat ook betrokke is by die burgerorganisasie Action Society, is nou onder skoot weens beeldmateriaal op sosiale media waar sy gesig swart gesmeer is.

Cameron het die beskuldigings van rassisme as nonsens afgemaak en beweer dit is niks anders nie as ʼn duidelike poging om die regering van nasionale eenheid te ondermyn.

Die sogenaamde “blackface”-voorval was glo jare gelede tydens ʼn betoging by die Universiteit van Pretoria – juis teen rassisme. Studente het uit protes hul gesigte swart geverf oor die feit dat wit studente na bewering vir ʼn spesifieke kursus weggewys is, terwyl swart studente, glo met heelwat laer punte, tot die kursus toegelaat is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×