Nog ‘n dood in Bloemfontein gastehuis

Volgens polisiewoordvoerder, kol. Thandi Mbambo, is ‘n lyk van ‘n vrou ongeveer 40 jaar oud Vrydag in ‘n gastehuis in Bloemfontein gevind.

Luidens berigte het dié voorval by die Emzini-gastehuis in Parfittlaan gebeur.

Netwerk24 berig dié dood kom slegs weke nadat ‘n sielkundige op 26 Maart dood in sy kamer by die B&B @ Bloem-gastehuis gevind is.

Na aanleiding was die vrou oppad van Kroonstad na ‘n begrafnis in die Oos-Kaap.

Mbambo sê die vrou het geen identifikasie by haar gehad nie en niemand het nog na vore gekom om haar te identifiseer nie.

Sy het verder gesê ‘n nadoodse ondersoek is steeds onderweg om die oorsaak van haar dood te bepaal.

Luister na potgooie hieronder