‘n Dwelmlaboratorium met ‘n geskatte waarde van R80 miljoen is op ‘n kleinhoewe in Doublasdale, Johannesburg, ontdek.
Volgens Mavela Masando het die polisie buiten die dwelms en toerusting ook twee ongelisensieerde vuurwapens, ammunisie van hoëkalibervuurwapens, windbukse en nagemaakte vuurwapens gekonfiskeer en daar is twee onwettige immigrante op die toneel in hegtenis geneem.
Meer as tien dwelmlaboratoriums is die afgelope vyf maande deur die polisie in Gauteng ontdek.
Die verdagtes sal na verwagting binnekort op aanklagte van vervaardiging van dwelms en die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie in die plaaslike landdroshof verskyn.