Brandbestryders het ‘n brand in nog ‘n gekaapte gebou in Marshalltown in die Johannesburgse middestad geblus. Die brand is kort voor tienuur vanoggend aangemeld. Die Johannesburgse Nooddienste sê die drieverdieping gebou is ontruim en almal wat in die gebou was, is ongedeerd. Volgens die Nooddienste het die brand op die grondverdieping uitgebreek, waar inwoners plakkershuise gebou het. Verlede maand is 77 mense dood in ‘n brand in nog ‘n gekaapte gebou in Marshalltown.
