Nog ‘n getuie weier om voor die Zondo-kommissie te verskyn

 Nog ‘n getuie weier om voor die Zondo-kommissie te verskyn

Die direkteur van Swifambo Rail, Aswell Mashaba, het nie vandag voor die staatskapingskommissie verskyn nie hoewel hy gedagvaar is om te getuig.

Mashaba se weier volg dié van oud-president Jacob Zuma.

Soos Zuma het Mashaba ook in ‘n brief aan die kommissie gesê die dagvaarding wat aan hom uitgereik is, is nie regsbindend nie.

Zondo het uitgespreek teen Mashaba en gesê hy ondermyn die werk van die kommissie.

Zondo het egter die sekretaris van die kommissie opdrag gegee om ‘n dringende strafregtelike aanklag teen Mashaba te lê.

LeandreAdmin@