‘n Derde massiewe besending dwelms is Donderdag by die seehawe in Gqeberha deur polisie onderskep. Volgens brigadier Athlenda Mathe, nasionale woordvoerder van die polisie, is beslag gelê op kokaïen met ‘n straatwaarde van sowat R65 miljoen. Die dwelms, 35 blokke, is ook afkomstig van Brasilië. Mathe het gesê niemand is nog in hegtenis geneem nie. Dit is die derde groot dwelm klopjag binne drie weke. Rosestad Nuus het onlangs berig die ander twee voorvalle het in Durban plaasgevind by die hawe en die lughawe waar polisie op kokaïen ter waarde van R150 miljoen beslag gelê het.