Die omstrede vorige metro-polisiehoof van die Mangaung Metro in Bloemfontein, Israel Kgamanyane, is Woensdag in komitee aangestel as die departementshoof vir veiligheid en sekuriteit. Die DA se Dirk Kotze het oor die aanstelling gesê dit is ‘n kader-aanstelling en die party gaan aan die Spesiale Ondersoekeenheid skryf om wanandministrasie tydens die totstandkoming van die Mangaung metro polisie te ondersoek. Netwerk 24 berig dr Elizabeth Snyman van Deventer, koukusleier van die VF Plus het gesê weens sy onbevoegdheid het hy meer as R240 miljoen bestee aan ‘n polisiemag wat nou nog nie bestaan nie. Hy het ook die metro hof toe gesleep oor aanstellings van personeel. Pieter Lotriet, DA-raadslid het gesê Kgamanyane was nooit in sy kantoor nie. Hy het min gedoen vir ‘n enorme salaris. Die koukusleier van die EFF, Gopolang Lipale, het gesê Kgamanyane het die metro in ‘n groot finansiele krisis geplaas en gaan dit weer doen. Die metro het iemand nodig wat sy pligte kan uitvoer en nie homself te verryk nie. Hy is ‘n politieke aanstelling, het Lipale gesê. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×