‘n Kragtige aardbewing van 5-komma-6 op die Richterskaal, het gister die suidooste van Turkye op ‘n diepte van 6,1 kilometer geruk.
Een persoon is dood en minstens 110 is beseer toe 29 geboue deur die krag van die aardbewing verwoes is.
Die streek is die afgelope twintig dae deur nóg vier aardbewings en 45 naskokke geteister.
Die jongste ramp volg slegs drie weke nadat minstens 50 000 mense dood is, toe reusagtige aardbewings Turkye en Sirië getref het.
Die grootste van hierdie kragtige aardbewings het die Richterskaal op ‘n steierende 7,8 te staan gebring.
Reddingspanne werk onverpoosd om mense lewend uit die puin te red.
Die yskoue weer bemoeilik reddingswerkers se taak en dit kan ook tot gevolg hê dat slagoffers kan verkluim.