Nog ʼn nuwe lid van die parlement (LP) is onder skoot weens beweerde rassisme. Hierdie keer die nuwe MK-LP, Andile Mngxitama.

Dit is weens ʼn ou video waarin hy dreig om wit mense dood te maak. Die video is in 2018 geneem toe hy nog die leier van Black First Land First was. Hy het ʼn skare in Potchefstroom toegespreek en die skare aangepor om vyf wit mense dood te maak vir elke een swart persoon in die taxibedryf wat sterf.

Die uitvoerende hoof van AfriForum, Kallie Kriel, dring daarop aan dat die MK stappe teen hom neem. Kriel meen dat daar dubbele standaarde is in die hantering van die nuwe DA-LP’s Renaldo Gouws en Ian Cameron.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×