Meer as 250 mynwerkers van die National Union of Mineworkers, Num, neem sedert eergister aan ‘n ondergrondse sitstaking by die Bakubung-platinummyn in Noordwes deel.

Hoewel 24 mense vandag toegelaat is om na die oppervlak te kom, sê die res van die werkers hulle sal ondergronds bly, totdat daar aan hulle eise oor salarisse en ander voordele gehoor gegee word.

Joel Sefali, Num-woordvoerder het gesê die werkers wat toegelaat is om die myn vandag te verlaat, is hoofsaaklik mense wat van chroniese medikasie afhanklik is.

Die Bakubung-staking volg kort op die hakke van ‘n ondregrondse staking wat einde Oktober by die Gold One-myn in Springs gehou is. Met die Gold One-staking het Num-lede daarop aangedring dat dié vakbond bo Amcu as amptelike vakbond by die myn erken word.

Lede van die vakbond Amcu is na bewering gedurende hierdie staking ondergronds deur lede van Num gyselaar gehou.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×