Mense in Bloemfontein word vir die soveelste keer in die afgelope maande gevra om liefs die omgewing rondom die Bram Fischer-gebou in die middestad te vermy, aangesien daar Vrydagoggend weer ‘n groepering is wat hier betoog. Rosestad-nuus het Donderdag berig dat ‘n ander groepering na die glaspaleis opgemars het en het inwoners by monde van Herman Lombaard van NCA gewaarsku om die omgewing te vermy. Dit is in hierdie stadium nie presies duidelik waaroor vandag se optog gehou word nie. Die vermoede bestaan dat dit werknemers van die sogenaamde Presidential Employment Project is wie se tydelike kontrakte nou tot ‘n einde gekom het of nie betaling ontvang het nie. Lombaard het gesê hoewel die optog in dié stadium vreedsaam blyk te wees, die omstandighede in ‘n oogwink kan verander.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×