Nog ‘n plaasaanval het in die Vrystaat plaasgevind

Nog ‘n plaasaanval het Maandag in die Vrystaat plaasgevind toe Andries Myburgh van die plaas Vandermerwesdam in die Koffiefontein distrik, tydens
middagete aangeval is.

Netwerk24 berig volgens kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, is die 31-jarige Myburgh vroegmiddag aangeval toe hy tydens middagete rook geruik het.

Hy het uitgestap om ondersoek in te stel waar hy toe met ‘n voorwerp oor die kop geslaan is.

Hy het dit egter reggekry om die aanvaller van hom af weg te druk toe ‘n tweede aanvaller hom met ‘n mes aanval en vol brandstof gooi.

Myburgh het toe sy vuurwapen uitgehaal en verskeie skote afgevuur waarna die aanvallers gevlug het.

Niemand is nog inhegtenis geneem nie.

Myburgh se pakhuis het heeltemal afgebrand.

Luister na potgooie hieronder