‘n Matriekleerder by die Pretoria High School for Girls is geskors nadat sy vermoedelik uitlatings met ‘n rassistiese ondertoon teenoor medeleerders gemaak het.
‘n Video, wat glo vroeër die jaar gemaak is, word nou op sosiale media versprei. Op die video kan gehoor word waar iemand sê dat “hulle” nog nie een wit mens gevra het om onderdanig te wees nie, asook dat, sodra April kom – op Vryheidsdag – “hulle” die wraak sal voel.
LEES MEER: Skoolhoof na rasherrie by skool geskors
Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, het aan Maroela Media gesê die leerder is geskors hangende ‘n formele dissiplinere verhoor. Die skorsing volg minder as 24 uur nadat die skoolhoof geskors is oor ‘n rassisme-herrie by die skool losgebars het.
Dit nadat twaalf leerders, ook van die skool, vroeër vandeesmaand oor beweerde rassistiese opmerkings – wat glo op ‘n WhatsApp groep gemaak is – geskors is.