Nog ‘n regsverteenwoordiger van Jacob Zuma onttrek

Eric Mabuza, Jacob Zuma se prokureur, het hom as die oud-president se regsverteenwoordiger onttrek.

Volgens Netwerk24, het Mabuza die hooggeregshof in Pietermaritzburg skriftelik in kennis gestel dat hy onttrek as prokureur in die saak waarin Zuma en die Franse wapenvervaardiger Thales, teregstaan op sestien aanklagte van korrupsie, bedrog en ook geldwassery.

Verskeie van die oud-president se regsverteenwoordigers het hulle dienste in die laaste paar jaar opgeskort.

Een van die redes is omdat hulle nie betaling ontvang nie.

Netwerk24 berig voorts dat Mabuza teen vroeg Woensdagmiddag nog geen kommentaar wou lewer oor sy onttrekking as
regsverteenwoordiger nie.

Luister na potgooie hieronder