Nog ‘n rentekoersverhoging is op die kaarte vir môre. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee vergader môre. Ekonome verwag ‘n toename aangesien inflasie ver bo die teikengroep van drie tot ses persent bly. Daar word voorspel dat die Bank rentekoerse met ‘n halwe persentasiepunt sal verhoog.