Nog ‘n reuse aardbewing het Wes-Afghanistan vanoggend getref.
Dit volg slegs dae nadat meer as 2 000 mense gesterf het toe ‘n massiewe aardbewing, ook in Wes-Afghanistan, die richterskaal by 6,7 laat draai het. V
anoggend se 6,3-aardbewing het luidens Reuters ‘n grondverskuiwing veroorsaak wat die hoofweg Herat-Torghondi versper het.
Die hulpgroep, Dokters Sonder Grense, het gesê die Herat-streekhospitaal het 117 beseerdes na vanoggend se aardbewing opgeneem.