Nóg ‘n reuse brandstofprysskok is moontlik vir Oktober op die kaarte.

‘n Dieselprysstyging van ongeveer twee rand per liter blyk tans nie onrealisties te wees nie.

Gegrond op die Sentrale Energiefonds se jongste data is dit ook nie alleen diesel wat vebruikers se sakke gaan ruk nie.

Huidige vooruitskatings dui op moontlike verhogings van tot soveel as R1,23 per liter vir 93 en 95-oktaan loodvrye petrol.

Verhogings soos hierdie sal brandstofpryse opstoot tot vlakke wat laas in Julie verlede jaar gesien is.

Suid-Afrikaanse brandstofpryse word meerendeels deur internasionale oliepryse en die waarde van die rand bepaal.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×