Nóg ʼn tamaai van ‘n diamant is in Botswana, Suid-Afrika se buurland, ontdek.

Maroela Media berig die Kanadese mynmaatskappy Lucara Diamond het gespog met ʼn tweede “astronomies groot diamant” wat ook in die Karowe-myn uitgehaal is.

Dié diamant is 1 094 karaat, heelwat kleiner as die steen van 2 942 karaat wat in Augustus ontgin is. Volgens Lucara is dié diamant steeds ongeveer ʼn derde so groot as die Cullinan-diamant, die grootste diamant wat nóg in Suid-Afrika ontgin is.

Dit is nog nie bekend wat dié jongste vonds werd is nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×