Alle brandstofpryse gaan waarskynlik in Oktober weer baie skerp styg. Dit is baie slegte nuus vir Suid-Afrikaners na die skerp styging in petrol en diesel die afgelope maand. Netwerk 24 berig in die middel van die oorsigmaand vir Oktober is daar ‘n groot onderverhaling, dit beteken met hoeveel petrol en diesel duurder sal word indien pryse nou aangepas moes word. Die onderverhaling op die 95-oktaan-petrolprys is R1,22 per liter en op diesel is dit tot R2,04 per liter. Petrol het twee weke gelede met R1,71 per liter gestyg en diesel met R2,84 per liter. Die onderverhalings weerspieël die skerp styging in internasionale brandstofpryse die afgelope maande. Die swakker rand dra ook by tot die styging, wat tussen 24c en 28c per liter is.
