Gewapende rowers het op nog ‘n skool in KwaZulu-Natal toegeslaan en onderwysers by die laerskool – Mukelani Primary – in KwaMashu van hulle persoonlike besittings beroof.
Rosestad-nuus het vroër berig ‘n Graad R-onderwyseres is by Phikiswayo Primary op Ntuzuma deur twee gewapende mans voor die kinders in haar klaskamer doodgeskiet.
SABC-nuus berig die departement van Onderwys werk saam met wetstoepassers om ‘n oplossing te kry vir die voorkoms van geweld in skole.