Nog ‘n skoolkind is Maandagoggend in ‘n motorongeluk tussen Karino en Mbombela in Mpumalanga oorlede. Dit, dae nadat tien leerders, wat hul lewens in ‘n gru-ongeluk verloor het in Carletonville, in die Westrand, begrawe is.
Maroela Media berig dat volgens Moeti Mmusi, woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid in die provinsie, het die botsing tussen ‘n midi-bus, ‘n bakkie en ‘n vragmotor die lewe van die bestuurder en ‘n passasier van die bakkie asook ‘n leerder se lewe geëis.
Nog 26 ander leerders het beserings opgedoen en is na nabygeleë hospitale gehaas. Mmusi het bygevoeg dat daar ‘n probleem is wat dringend opgelos moet word, en dat hy uiters bekommerd is oor die aantal ongelukke waarby leerders die afgelope ruk betrokke is. Die oorsaak van die ongeluk word nog ondersoek.