Die Automobiel Assosiasie (AA) het bevestig dat verbruikers aanstaande week nog ‘n stewige brandstofprysverhoging kan verwag.  Die vereniging het kommentaar gelewer op ongeouditeerde brandstofdata van die Sentrale Energiefonds. Volgens die AA sal dieselpryse vir die vierde agtereenvolgende maand styg, terwyl petrol- en paraffienpryse ook sal styg, beide vir die derde agtereenvolgende maand. Diesel sal na verwagting met ongeveer een-rand-60 sent per liter styg. Petrol sal na verwagting met tussen 75 sent en 80 sent per liter styg. Die AA se Layton Beard sê paraffien sal na verwagting met meer as een-rand-50 sent per liter styg.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×