Nog ’n soldaat van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag wat in die Demokratiese Republiek van die Kongo gestasioneer is, is dood. Die weermag sê die soldaat is noodlottig gewond toe ‘n handgranaat naby die slaapkwartiere in hul basis in Beni ontplof het.

Twee Suid-Afrikaanse soldate op dieselfde missie het in Junie gesterf tydens ‘n aanval deur M23-rebelle. Die weermag sê dit is nog nie duidelik wat die handgranaat laat ontplof het nie, maar ‘n ondersoek is aan die gang.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×