‘n Nasionale taakspan word in die lewe geroep wat gaan help om die skerp toename in waterstelsels met onveilige drinkwater en die agteruitgang van water-en sanitasiedienste in die land te takel.

Volgens ‘n verklaring van die departementvan water en sanitasie, of DWS, sal die taakspan die meganismes van dienslewering hersien om die agteruitgang aan te pak wat in die jongste blou-, en groendruppelverslag asook die geendruppel-verslag uitgewys is. Netwerk 24 berig Wisane Mavasa, DWS se woordvoerder, het gesê die taakspan kyk na opsies om sukkelende munisipaliteite by te staan om die verskaffing van water-en sanitasiedienste aan eksterne diensverskaffers oor te dra.

Die taakspan sal fokus op die 105 munisipaliteite wat in die blou-en groendruppelverslag val wat swak presteer of in ‘n kritieke toestand is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×